GRAAFF-REINET NUUS - 'n Tussenverkiesing word vir 10 April in Wyk 2 beplan, nadat raadslid Linda Botha, die wyksraadslid vir Wyk 2, bedank het.
Dié wyk sluit die perdeskoen-gedeelte van Graaff-Reinet in, sowel as die dorpie van Nieu-Bethesda.
Kiesers in hierdie areas word gemaan om seker te maak dat hul name korrek op die kieserslys vir Wyk 2 voorkom.
Nuwe intrekkers kan die kantore van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in Graaff-Reinet by Bourkestraat 50, kantoor nommer 5, besoek om te registreer in die wyk.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'