KAROO NUUS - Die gemeenskap van Middelburg-distrik het reeds maande gelede begin beplan aan die tweede Karoo Winter Wolfees, wat van 22 tot 25 Junie aangebied is.
Leerders het reeds op 20 en 21 Junie hul kunswerke ingeskryf en is dit tydens 'n kunsuitstalling by Karel Theron Primêr beoordeel.
Donderdag het 'n vol program afgeskop. Daar is 'n historiese toer asook opleiding in nat wol- en naaldveltwerk en kleurtegnieke met plantmateriaal, aangebied.
'n Kompetisie tussen kommunaleboere en wolskeerselkompetisies het talle gaste na die geleenthede gelok. Op Dwarsvlei is gewys hoe die proses van wolspin-, kleur-, en weeftegnieke werk.
Ingrid Schofman het 'n insiggewende praatjie wat die skakel tussen bewaring, toerisme en selfontdekking aangebied. Donderdagaand was die opening van die gala-aand waar pryse aan die wenners van die onderskeie kunskompetisies oorhandig is terwyl die topskeppings en wolprodusente ook benoem is.
Beskuitfontein het Vrydag die Winter-woldraf-, staproete- en bergfietsuitdaging aangebied, terwyl wolwerkswinkels aangebied is.
Dr. Loraine van den Berg het ook 'n insiggewende uitstalling en lesing aangebied rondom Karooplantegroei. 'n Volgepakte skuur op Rusoord het Vrydagaand begeesterd na Bok van Blerk by sy WolJol gaan luister.
Saterdag se vol program het afgeskop met 'n Winter-wolmark by Dwarsvlei-gasteplaas, waar stalletjiehouers van oraloor hul ware te koop kom aanbied het. Talle sprekers, waaronder die bekende dr. Piet Croucamp, asook Wandile Sihlobo, Jackie May en vele meer by die OVK-stalletjie opgetree.
Opvoedkundige stalletjies, skeerkompetisies, wolklasdemonstrasies, asook weefdemonstrasies is ook Saterdag aangebied, terwyl boerepraatjies Saterdagmiddag deur Agri Oos- Kaap aangebied is. Laatmiddag het 'n modeparade, waar egte wol- en bokhaarontwerpe vertoon is, plaasgevind.
Joe Niemand het Sondagoggend die aanbiddingsdiens gehou.
'n Heerlike Saterdagmarkdag vir talle stalletjiehouers van oraloor.
Een van die stalletjies by Dwarsvlei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’