Philip Murray, 'n inwoner van Cradock het reeds twee slange in sy prieël by sy huis gevind oor die feesseisoen. Hy waarsku dat almal op die uitkyk moet wees vir dié gediertes.
Ek was bevoorreg dat ek die slange vroegtydig opgemerk het, en dat ek Cradock se slangvanger, Wayne de Beer, betyds kon opspoor om die slange te kom vang en hul ver van my huis af te gaan vrylaat. Veral ouers met kinders moet uiters versigtig wees," sê Murray.
Boomslange kom algemeen in Cradock, Graaff-Reinet en distrikte voor, en is uiters giftig. Slange moet geensins genader word nie. Ander slange wat ook algemeen in die karoo areas voorkom, ook in dorpsgebiede, is pofadders, kaapse kobras, geelslange, koperkapelle. sweepslange en skaapstekers. "Benader alle slange met groot omsigtigheid en hanteer alle slange as giftig," waarsku die kenner.
Foto's: Philip Murray
Boomslange kom ook algemeen voor wanneer dit warmer raak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’