CRADOCK NUUS - ‘n Padblokkade wat op 17 November deur Cradock-polisie opgestel is, het gesorg dat vyf verdagtes wat met ‘n winkelrooftog verbind word, gearresteer is.
Volgens Kapt. Namhla Mdleleni, mediaverteenwoordiger van Komani, is die voertuig waarin die verdagtes gery het omstreeks 16:45 deur Cradock-polisie onderskep.
Die verdagtes is tussen die ouderdom van 29- en 45-jaar oud. Beslag is op die voertuig, ‘n silwer Toyota Corolla, asook 13 selfone ter waarde van R59 000, gelê.
Die verdagtes sal op 20 November in die Cradock-landdroshof, op klagte van die besit van gesteelde goedere verskyn.
Cradock-sekuriteit, Cradock-polisie se Sigbare Polisiëringseenheid (VISPOL) en Cradock-polisie se K9-eenheid was met die operasie behulpsaam.
Die silwer Toyota Corolla wat afgetrek is en waarop beslag gelê is tydens die arrestasie.
Die kleretas waarin die 13 vermoedelik gesteelde selfone gevind is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’