CRADOCK NUUS - Vyftien skaakspelers van Hoërskool Cradock het van 4 tot 8 Oktober in Jeffreysbaai aan die Oos-Kaapse-skaakkampioenskappe deelgeneem.
Vyf leerders, Matthew Valavi, Khanyisile Majiba, Lilitha Matsam, Luzuko Nofemele en Morné Titus het plek in die toptien behaal en hul Oos-Kaap-kleure in skaak ontvang.
Matthew Valavi het uitsonderlik goed presteer en is aangewys as die nommer twee speler van die o.16 Oos-Kaap-span.
Die saal vol leerders wat aan die kampioenskappe deelgeneem het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’