GRAAFF-REINET NUUS - Tagtig voornemende Hoër Volkskool-leerders, waarvan die meeste Graad 7’s van Laer Volkskool was, het op Maandag, 21 Mei, die skool se opedag bygewoon.
Die dag is op informele wyse met 'n vertoning in die saal van 'n bemarkingsopname wat in 2016 van die Volkskole gemaak is afgeskop.
‘n Dataprojektoraanbieding het gevolg oor wat alles op akademiese, kultuur en sportgebied aangebied word.
Leerlingraadslede het selfs ‘n draai op die verhoog gemaak om as modelle die skooldrag te vertoon.
Die leerlinge en ouers is toe in klein groepe deur die skool gelei en kon vele demonstrasies in die verskillende klasse of op die sportveld meemaak.
Die dag is toe afgesluit met verversings by die Volksie-klubhuis.
Die disseksie van varklonge het sommige laat gril en ander lighoofdig gemaak, maar dit was ‘n onvergeetlike ervaring.
Die kreatiwiteit van die onderskeie groepe is getoets met ‘n koekversiering in die Verbruikerstudiesklas. Die groep wat die mees oorspronklike versiering gedoen het is aangewys.
In die Fisiese Wetenskap laboratorium het die spanning opgelaai vir die chemiese reaksies.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'