Video
CRADOCK NUUS EN VIDEO - Inwoners van Michausdal, 'n woonbuurt in Cradock, kla reeds maande al oor die kragsituasie in die woonbuurt.
Inwoner, Petrus Plaatjies van dié gemeenskap deel die video oor die gevaarlike situasie, hy sê dat dit elke keer gebeur wanneer die elektrisiteit na beurtkrag aanskakel.
"Inwoners raak angsbevange want hul kinders, diere en huise wat naby die kragdrade staan, kan in 'n oogwink aan die brand slaan indien een van die vonke hul tref. Die inwoners kla en sê dat al hulle elektriese toebehore reeds beskadig is deur die wisselende kragtoevoer," sê hy.
Die Graaff-Reinet Advertiser het 'n navraag aan die Inxuba Yethemba Munisipaliteit gerig.
VERSKAFDE VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’