GRAAFF-REINET NUUS – Op Donderdag 3 November het Volkskool se o. 9-, o. 11- en o. 13-seuns teen Laerskool Gill in Somerset-Oos in 'n krieketwedstryd gespeel.
Volkskool se o. 9-seuns het hulle wedstryd met 17 lopies teen Gill gewen.
Die o. 11-span het 'n fantastiese wedstryd gespeel en met vier paaltjies in 'n 20 boulbeurt wedstryd gewen.
André Wolfaardt het vyf paaltjies laat val en Eben Lötter het 25 lopies aangeteken.
Drian Gildenhuys het hom goed van sy taak gekwyt en 21 lopies aangeteken en is as speler met goeie karakter op en van die veld aangewys.
Volkskool se o. 13-span het eerste gekolf en 91 lopies gekry. Volkskool se beste bouler was Francois Naudé met drie paaltjies.
Hul beste kolwers was Petrus Wolfaardt (28 lopies) en Jano Jevan (26 lopies).
Volkskool wen die wedstryd met nege paaltjies.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'