GRAAFF-REINET NUUS - Die skoolgemeenskap van Laer Volkskool het deur die loop van 2018, hul harte en beursies vir ‘n goeie doel oopgemaak.
Die skool het besluit om dié jaar, deur middel van verskeie projekte, die Graaff-Reinet Kankervereniging te ondersteun.
Met, onder andere, civvie-dae, ‘n muntlegging, en die verkoop van sleutelhouers, is die reuse bedrag van R10 000 ingevorder.
Die geld is onlangs aan Hannatjie Pieterse van die Graaff-Reinet Kankervereniging oorhandig.
Daar word gehoop dat dit die kankervereniging sal help met hul werk om die nodige bystand en behandeling aan plaaslike kankerpasiënte te voorsien.
Laer Volkskool se Carien de Wet en Hennie Barnard oorhandig die donasie aan Hannatjie Pieterse.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'