Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die leerders van Laer Volkskool in Graaff-Reinet het verlede Vrydag, 19 Oktober, weereens gewys hoe groot hul harte is.
‘n Muntlegging is die oggend in die skool se vierkant gehou, waar leerders elk die kans gehad het om muntstukke by te dra tot ‘n spesiale fondsinsameling.
Die muntstukke was ingesamel ten bate van die Graaff-Reinet Kankervereniging.
Die skool bedank graag al die leerders wat ‘n bydrae gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'