Update
CRADOCK NUUS- Hoërskool Cradock (CHS) het op 14 Oktober aan die ATKV-Vlymskerp Vasvra by Laerskool Sunridge in Gqeberha deelgeneem.
Twaalf skole het deelgeneem. Die bekende akteur, Beer Adriaanse was die vraagsteller.
CHS is deur Niel Slabbert, Jan-Hendrik Bezuidenhout, Jaco Slabbert en Carla Kotze verteenwoordig.
In die eerste ronde moes die spanne 36 vrae skriftelik beantwoord.
In die tweede ronde moes spanne tot 'n maksimum van 18 vrae binne twee minute en dertig sekondes beantwoord. CHS kon vyftien van hierdie vrae korrek beantwoord.
Na afloop van die tweede ronde het CHS na die halfeindstryd teen Hoërskool Despatch en Hoërskool Otto du Plessis deurgedring.
Ongelukkig kon CHS nie na die eindstryd deurdring nie. Die gonserstelsel het sake bemoeilik, want al ken jy ook die antwoord, kon jou opponent gouer die gonser gedruk het.
Hoërskool Nico Malan was die uiteindelike wenner nadat hulle Hoërskool Despatch en Hoërskool Paul Sauer in die eindstryd getroef het.
Vorige artikel: ATKV - Vlymskerp vasvra daag skole uit
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'