CRADOCK NUUS - Hoërskool Cradock (CHS) het op 14 Oktober aan die ATKV-Vlymskerp Vasvra by Laerskool Sunridge in Gqeberha deelgeneem. Twaalf skole het deelgeneem. Die bekende akteur, Beer Adriaanse was die vraagsteller. CHS is deur Niel Slabbert, Jan-Hendrik Bezuidenhout, Jaco Slabbert en Carla Kotze verteenwoordig.
In die eerste ronde moes die spanne 36 vrae skriftelik beantwoord.
In die tweede ronde moes spanne tot ‘n maksimum van 18 vrae binne twee minute en dertig sekondes beantwoord. CHS kon vyftien van hierdie vrae korrek beantwoord.
Lees meer in Graaff-Reinet Advertiser en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'