Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Die Vlekpoortrivier met sy oorsprong in die Bamboesberge, kom af.
Waarskuwings is uitgestuur na boere wat aangrensend aan dié rivier boer om onmiddellik alle vee wat in die loop wei, na hoër areas te skuif.
Dit reën steeds in die opvanggebied van die rivier, en dit is heeltemal moontlik dat die Meyburgbrug op die R391 na sononder nie begaanbaar gaan wees nie.
Verkeer moet ten alle koste hierdie roete vermy.
VIDEO - Vlekpoortrivier kom af (Video : Teresa Opperman).
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'