GRAAFF-REINET NUUS — Die Graaff-Reinet Krieketklub se Lentedans is ‘n jaarlikse instelling wat altyd in ‘n groot makietie ontaard.
Dié jaar se dans sal dié Saterdagaand, 1 September vanaf 19:00 af by die Botaniese Sportklub plaasgevind.
Die Lentedans-geleentheid is die Krieketklub se sosiale geleentheid van die jaar en daar word gehoop dat dit soos altyd weereens die dorp se steun sal geniet.
Kaartjies kos R120 elk en sluit ‘n heerlike “steak”-ete in.
Belangstellendes kan Willie van Rensburg skakel by 083 616 1882 om ‘n tafel of kaartjie te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'