Update
KAROO NUUS - 'n Verdagte is vanoggend, 10 Augustus vir die moord op die oud-Volksie, Marolien Schmidt (40), in hegtenis geneem. Die 29-jarige man is in die sentrale deel van Gqeberha gearresteer en word aangehou.
Polisiewoordvoerder kapt. Sandra Janse van Rensburg sê speurders van die Humewood-polisiestasie het onverpoos gewerk om die verdagte vas te trek na Schmidt se dood in die vroeë oggendure van Vrouedag, Woensdag 9 Augustus.
Schmidt is in haar huis in Richmond Hill in Gqeberha vermoor, nadat sy vermoedelik op 'n inbreker afgekom het.
Schmidt se bure het haar te hulp gesnel nadat hulle haar hoor skreeu en glas hoor breek het. Hulle het haar omstreeks 01:40 met veelvuldige steekwonde op die vloer van haar huis gevind. Sy is na die hospitaal gehaas, maar het aan haar beserings beswyk
Vorige artikel: Oud-Volksie Marolien Schmidt in haar huis vermoor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’