GRAAFF-REINET NUUS - Die 29ste Charmac-ramveiling is op Dinsdag, 26 Februarie, op die plaas Houdconstant naby Graaff-Reinet gehou.
Die veiling was ‘n groot sukses met ‘n goeie aanvraag na stoet- en kudderamme.
Die totale aanbod van 47 ramme is verkoop teen ‘n gemiddeld van R 10 234.
Charmac se poenskopramme het wéér uitstekend verkoop.
Twee poenskop-stoetramme, verkoop aan Jose Bester van Moorreesburg, het die hoogste en tweede hoogste prys gegaan, onderskeidelik R50 000 en R36 000.
Robbie Hughes van Burgersdorp het R32 000 vir sy ram betaal.
Die hoogste prys horingram is verkoop aan Tom Barry vir R21 000.
Die McNaughton-familie wil graag vir OVK en almal bedank wat bygedrae het tot dié suksesvolle dag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'