GRAAFF-REINET NUUS - 'n Motoris wat gisteroggend Maandag, 6 Maart, geweier het om by 'n padblokkade op die N9 tussen Graaff-Reinet en Aberdeen te stop, is na 'n jaagtog aangekeer.
Die provinsiale verkeersbeamptes het Aberdeen Saps gevra om te help en by Aberdeen het die jaagtog van rigting verander na die R61.
Ongeveer 30km voor Beaufort-wes het die beamptes daarin geslaag om die voertuig tot ‘n halt te dwing.
Met die inspeksie van die registrasie dokumentasie is die eienaar, wat in Bisho woon, deur die beamptes geskakel. Sy het telefonies gesê dat die voertuig gekaap is en die bestuurder is in hegtenis geneem. Toe die Aberdeen Polisie egter die eienaar versoek om die toepaslike MAS-nommer te verskaf wat sy sou ontvang by aanmelding van die saak, kon sy nie die nommer verskaf nie.
Sy het later aangevoer dat sy nie met haar klag wou voortgaan nie en dat die bestuurder bekend is aan haar.
Aberdeen Polisie het bevestig dat die bestuurder egter in hegtenis bly op klagte van roekeloos en nalatige bestuur en regsverydeling.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'