GRAAFF-REINET NUUS — Dit is weer tyd vir die burgemeester en amptenare van die Dr Beyers Naudé munisipale streek om in gesprek te tree met die gemeenskap deur middel van die Burgemeester uitreikvergaderings.
Dié vergaderings sal in April afskop.
Die doel van dié vergaderings is om die 2018/19 konsep-begroting en Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) voor te hou aan die gemeenskap, om insette aan te moedig en om ander belangrikke kwessies te bespreek
Datums vir die opkomende burgemeester uitreikvergaderings in die onderskeie 14 wyke van die Dr Beyers Naudé Munisipaliteit sal in volgende week se uitgawe van die Advertiser bekendgemaak word. Alle inwoners, asook die openbare- en privaatsektor, se bywoning en deelname word aangemoedig. Besonderhede van die vergaderings sal ook op die munisipale kennisgewingsborde, die munisipale webwerf (www.bnlm.gov.za) en op sosiale media verskyn.
Daarbenewens, sal die munisipaliteit se konsep-begroting en GOP beskikbaar wees vir inspeksie by verskeie punte vanaf Vrydag, 6 April - die publiek word aangemoedig om hierdie dokumente te besigtig en geskrewe kommentaar in te dien gedurende die 21-dae openbare inspeksie tydperk.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'