GRAAFF-REINET NUUS - Die Hoër Volkskool op Graaff-Reinet het vandag (Vrydag 6 Augustus) met 'n huldeblyk op die skool se rugbyveld afskeid geneem van 'n geliefde onderwyser, Wikus (Jorik) Pretorius, wat verlede week weens Covid-verwante komplikasies oorlede is.
Slegs 100 roubeklaers, familelede, onderwysers en leerders van die skool is by die huldeblyk toegelaat.
Leerders het net vóór die huldeblyk kans gekry om by die skool se hoofingang wit klippies in 'n potplant te gooi ter nagedagtenis aan Wikus.
LEES MEER: 'Jorik' se dood skok
Leerders het net vóór die huldeblyk kans gekry om by die skool se hoofingang wit klippies in 'n potplant te gooi ter nagedagtenis aan Wikus.
Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'