GRAAFF-REINET NUUS - Elke Saterdagoggend, so skuins na ses, kom 'n klomp vroue van Graaff-Reinet bymekaar om vroegoggend 'n paar kilometers in die Kamdebo-natuurreservaat te gaan draf.
Verlede Saterdag het hulle Erna Enslin, wat ná 'n lang stryd Covid-19 oorwin het, verras met eet- en drinkgoed by die Vallei van Verlatenheid en toe saam met haar vir 2 km gaan stap voordat die fikser drawwers nog 'n paar kilometers afgelê het.
Hugo Redelinghuys het hulle met sy kamera voorgelê.
Lou-Ann Gerber kom rustig aangedraf.
Die span drawwers is, agter van links: Zenke Enslin en Raelin Vorster, Voor: Annandie Crous, Louise van Rooyen, Suliza van Wyk en Antoinette Janse van Rensburg. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'