CRADOCK NUUS - Die topvyf dogter- en seuntennisspelers van Hoërskool Cradock (HCS) het onlangs aan die Merrifield-tennistoernooi in Oos-Londen deelgeneem.
Hulle het teen sterk skole gespeel en het tydens elke wedstryd hulle beste gegee.
Vrydag het die dogters teen Clarendon gespeel en 9 - 4 gewen. Daarna het hulle teen Stirling gespeel en net-net verloor met 6 - 7. Saterdag het die dogters teen Kingswood gespeel en 9 - 4 gewen. Vir die uitspeelronde speel die dogters teen Collegiate en wen 11 - 2.
Vrydag het die seuns teen Selbourne College gespeel en 5 - 8 verloor. Daarna speel die seuns teen Stirling en verloor 3 - 10.
Die seuns het Saterdagoggend begin deur teen St. Andrews te speel. Hulle speel gelykop met punte, maar verloor ongelukkig met die pottetelling. Hulle het vir die uitspeelronde teen Hoërskool Grens gespeel en 12 - 0 gewen.
Die dogters behaal die derde plek in die toernooi en die seuns die sewende plek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’