KAROO NUUS - Telkom se ADSL-lyn-kliënte in die Karoo ondervind sedert Vrydag 5 Mei probleme en sedert Saterdag 6 Mei is die lyne heeltemal buite werking in Graaff-Reinet, Aberdeen, Middelburg, Somerset-Oos en Pearston.
Tegnici van Telkom en Bidvest het Saterdag al bevestig dat die probleem in Graaff-Reinet hulle aandag geniet, maar tot op hede is dit steeds nie opgelos nie en poog tegnici om die konneksie te herstel.
Dit blyk dat die foutiewe onderdeel nie plaaslik beskikbaar is nie.
Die verwagte hersteltyd kan dus nie op die oomblik bevestig word nie en Telkom sê kliënte se geduld en begrip word waardeer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’