GRAAFF-REINET NUUS - Huis van de Graaff, 'n tehuis vir ouer persone, het onlangs 'n reuseskenking ontvang.
In Februarie het die Veterane Bystandsfonds R20 000 aan hulle geskenk en dr. Johan de Beer het dit verlede Vrydag amptelik aan hulle oorhandig.
Volgens Antonette Oosthuizen, hoof van Huis de Graaff, het hulle vyf weermagveterane wat in die tehuis woon.
Tydens die oorhandiging het die veterane ook 'n T-hemp en geskenkpak van De Beer ontvang.
Die veterane is Austin Coetzee, Danie Klue, Leon Potgieter, Sidney Coetzee en Henry Muller.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'