HOFMEYR NUUS - Na aanleiding van inligting wat op sosiale media meegedeel is, is daar op navrae bevestig dat vier kinders, gemiddelde ouderdom 15, vroeg vanoggend gesterf het in die Razzmatazz Tavern in Twinsvile, Hofmeyr.
'n Groot aantal jeugdiges is per ambulans na Cradock-hospitaal geneem en ernstige gevalle is reeds na hospitale in Gqeberha geneem.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
Die SAPD het meegedeel dat die inligting soos ontvang, korrek is, maar dat die toneel nog afgesper is.
SAPD Forensiese span van Middelburg is op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'