Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Die N10 tussen Cradock en Middelburg het onder swaar reën en hael deurgeloop, gister, 3 Januarie, tydens 'n wolkbreuk tussen. Dit het tussen 17:00 en 18:00 gebeur.
Vragmotors het sowat 45 km vanaf Cradock omgeslaan en motorvoertuie het ook die pad verlaat.
Die polisie- en ondersteuningdienste is op die toneel.
Die pad sal nie gesluit word nie. Enkelbaanverkeer sal met behulp van 'n tydelike roete bewerkstekstellig word.
Foto's: Sinclair Collett
VERSKAFDE VIDEO - Swaar reën het op die N10 tussen Cradock en Middelburg geval. Video: Gideon Hoole
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’