Video
OOS-KAAP NUUS EN VIDEO'S - Nadat Komani gistermiddag na swaar reën vir 'n wyle lam gelê is met daaropvolgende straatsluitings as gevolg vam vloedwater en bome wat omgeval het, asook uitgebreide kragonderbrekings in groot dele van die dorp, het uitgebreide swaar buie ook in die Noordoostelike deel van die Ooskaap uitgesak.
Swaar reën oor die Gladde Koppe suid van Burgersdorp, het veroorsaak dat die Maraiskranskeerwal oorloop en dié water voed die Vlekpoortrivier, wateraar van Hofmeyr, Tarkastad en word dan uitgekeer in die Kommandodriftdam buite Cradock.
VIDEO - Vloedwater spoed af na Livingstonstraat in Komani na swaar reën:
VIDEO - Die Maraiskranskeerwal in die Groot Doornhoekpas kom af en voed die Vlekpoortrivier:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'