Gallery Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Klein- en grootvee is vanoggend (Woensdag, 21 Augustus) as fondsinsameling vir Laer en Hoër Volkskool en Union High by die Graaff-Reinet-skougronde opgeveil.
André van Zyl, afslaer vir Vleissentraal in Port-Elizabeth het die veiling hanteer.
Ongeveer 1 300 kleinvee en 200 grootvee is opgeveil, op die voorwaarde dat die verkoper besluit aan watter skool die kommissie vir sy aankope uitbetaal word.
Kopers het van so ver as Kaapstad, Bloemfontein, Port-Elizabeth en Oos-Londen na Graaff-Reinet gereis om te deel in die aankope.
Kyk 'n video hieronder
Die beste aankope vir ooie was R1 780 per ooi. Van die lammers het vir R1 760 verkoop, terwyl die beste pryse vir bulle in die omtrek van R15 000 gegaan het.
Die veiling is 'n jaarlikse instelling.
Kopers het van so ver as Kaapstad, Bloemfontein, Port-Elizabeth en Oos-Londen na Graaff-Reinet gereis om te deel in die aankope.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'