GRAAFF-REINET NUUS - Op Woensdag 2 Augustus het Charmac Merinos en OVK 'n ramveiling op die plaas Houdconstant aangebied waar twee stoetramme besonderse goeie pryse behaal het.
Dié twee ramme het aan Addie McNaughton behoort, en het hy self die ramme vir teling gebruik.
Piet en Kathy du Plessis van De Draai Boerdery in Porterville, is nou die trotse eienaars van die ramme, en elk van die ramme het hulle R38 000 uit die sak gejaag.
'n Poenskopram is vir R 32 000 deur CJ en Toit Lotter en David en Lloyd Short gekoop. Altesaam 42 ramme is opgeveil en 'n gemiddeld van R13 785 per ram is behaal.
Van links is Jakkie Nel (afslaer), David en Lloyd Short (kopers), Adie McNaughton (verkoper), Fourie Vosloo (OVK) en John Lomberg (Charmac).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’