WILLOWMORE NUUS - Stemlyne vir die finale rondte van Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie het gisteraand heropen en sluit weer om 12:00 op Vrydag 21 Julie.
Willowmore is aangewys as die Oos-Kaap se finalis en ding nou mee teen die finaliste van die nege ander deelnemende streke vir hierdie gesogte titel.
Die dorp met die meeste stemme sal op 30 Julie as Kwêla se Dorp van die Jaar vir 2023 aangekondig word.
Volgens Veronica du Plessis, inwoner van Willowmore, is hul grootste doelwit om die Dorp van die Jaar titel terug te bring na die Oos-Kaap en dit hier te hou.
Om Willowmore te ondersteun, sms asseblief Willowmore na 33157. Daar kan tot 30 keer per selfoon gestem word teen R1,50 per sms.
Verwante artikel: Wow Willowmore! Willowmore a finalist in Kwêla Dorp van die Jaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’