GRAAFF-REINET NUUS - Johan Smit, welbekende plaaslike opleidingsfasiliteerder vir SA Noodhulpliga, het besluit om na bykans 30 jaar die tuig neer te lê.
Volgens Phillip Meyer, hoof van beroepsveiligheid en sekuriteit by Montego, sal Smit ongelooflik gemis word.
"Graaff-Reinet en omliggende distrikte sal oom Johan se passie en liefde vir die klaskamer mis. Nie net was oom Johan die gesig van noodhulpopleiding in die Karoo nie, maar het hy ook opleiding verskaf aan duisende kandidate in die noodhulpbedryf, van jonk tot oud, en is hy steeds 'n aktiewe lid van die gemeenskap. Hy was altyd beskikbaar vir raad en bystand en jy kan altyd op sy knoppie druk. Sy passie, ondervinding, liefde en vakkennis vir dié belangrike opleiding, sal moeilik vervang word," het Meyer gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'