COLESBERG NUUS — Verlede Saterdag, het Gerhard en Eline Bierman van Holfontein, as gasheer opgetree vir die eerste van vier SAMTA uitstallings, vergaderings en veilings vir 2018.
SAMTA - die Suid-Afrikaanse Modeltrekker Assosiasie - is 'n klub vir model trekker versamelaars oud en jonk wat almal n passie het vir enige skaal model trekkers oorspronklik, handgebou en presisie modelle van enige kleur en vervaardiger.
SAMTA het sy ontstaan te danke aan ‘n paar model trekker-entoesiaste wat ten doel gehad het om mense met dieselfde passie vir hul stokperdjie bymekaar te bring.
Dit sou ook dan dien as kontak-platform om die verskillende modelle ten toon te stel, te koop en te verkoop asook om veilings te hou om dit as versamelstukke bymekaar te maak.
SAMTA is in Augustus 1989 gestig.
Die klub bestaan uit ongeveer 200 lede van oor die hele land. Hierdie byeenkoms is vir die afgelope twee jaar al beplan deur Gerhard en Eline Bierman. Die Holfontein-vergadering en veiling was aldus SAMTA se skakelpersoon, Frans Jacobs, een van die grootste klub vergaderings tot nou.
Daar was ongeveer 150+ items op die veiling wat ook die hoogste omset gelewer het. Die geleentheid is ook deur tussen 100 en 150 mense bygewoon waarvan drie nuwe lede aangesluit het.
Die speelgoed-museum en veteraan-motorversameling van Gerhard was ook ‘n groot trekpleister (veral die verskillende make en modelle).
Die motorversameling behels ongeveer 70 motors vanaf 1958 tot 1990, waarvan dit oorwegend Mercedes Benz is - 20 verskillende bakkies vanaf 1968 tot 1983 asook ‘n paar veteraantrekkers.
Tydens dié byeenkoms was daar baie gesels en grappe gemaak oor die tipe trekkers en mense se voorkeure, en dit het tot gevolg gehad dat daar behoorlik gekuier is. ‘n Aangename atmosfeer het geheers en baie nuwe vriendskappe is gesmee.
'Ons bring jou die nuutste Colesberg, Karoo news'