Update
KAROO NUUS - Die jagter, Chris de Lange (75), wat tydens ’n jagekspedisie op ‘n plaas buite Steytlerville dood is, was nié in ’n skietongeluk betrokke nie
Polisiewooerdvoerder, Sersant Majola Nkohli, het vanoggend (Maandag) verduidelik dat De Lange saam met sy neef in die berge buite Steytlerville op die jagtog was, toe De Lange inmekaargesak het.
“Sy neef het na die naaste plaas gehaas om hulp te kry. Twee ure later is De Lange op die toneel dood verklaar,” het Nkohli aan die Advertiser gesê.
Die voorval het omstreeks 12nm Saterdag paasgevind.
’n Nadoodse ondersoek moet nog gedoen word.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'