OOS-KAAP NUUS - Die Graaff-Reinet Adveriser het bevestiging ontvang dat 'n jagter op 'n jag-uitstappie sowat 'n uur gelede dood is.
Nie Uitenhage, Jansenville of Steytlerville Polisie kon meer inligting oor die voorval verskaf nie.
Alhoewel al drie polisiestasies gesê het hulle het nie na-ure polisiewoordvoerders aan diens nie, het een van die polisiestasies se aanklagpersoneel die voorval bevestig en gesê,
"die speurders en personeel is oppad na die toneel."
Die oorsaak van dood is nog net gerugte. Die plaas se naam en meer inligting is aan die Graaff-Reinet Advertiser bekend, maar word eers weerhou van publikasie.
Lees meer aanlyn en in die volgende uitgawe van die Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'