GRAAFF-REINET NUUS – Daar is min dinge in die lewe wat Karoo-mense byeen kan bring soos 'n braai - wat is dan nou lekkerder as 'n vleisie wat op die kole gebraai is?
Die naweek is dit weer eens bewys dat as Suid-Afrikaners wil braai, dan braai hul, al is dit ook nou in die sneeu!
Terwyl talle mense onder die komberse, voor die hieters en snoesig binne hul huise verkeer het, het ’n groep Grootfontein-studente hul draagbare braai van hul voertuig afgelaai en speelspeel op die stuk pad ’n braai begin.
Die Lootsbergpas het na 'n sneeuneerlaag verlede Donderdag, tot en met Saterdag 'n lagie sneeu op gehad.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'