KAROO NUUS - Ses leerders van Laer Volkskool het gedurende die Julievakansie 'n Landsdiens-streekskamp in Jeffreysbaai bygewoon.
Hulle is tydens die kamp uit meer as 100 leerlinge gekies om die Oos-Kaap van 8 tot 15 Desember by die nasionale kamp in Mpumalanga te verteenwoordig.
Hierdie leerders het ook hulle erekleure ontvang.
Voor van links is Marli Fourie, Monique Nell en Lillah Viljoen. Agter van links is Reanco Terblanche, Luandre Rademan en Johan Viljoen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’