KAROO NUUS - Die Kamdeboo-tak van die Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het die pas afgelope Saterdag, 8 Desember, ‘n familiedag op die plaas van Ockie en Magriet Matthee in die Aberdeen-distrik gehou.
Die geleentheid is deur 20 skuts en ‘n verdere 23 belangstellendes bygewoon.
Die deelnemende skuts het dit as ‘n “aangename veldskiet-uitdaging” beskryf, met verskeie teikens wat op strategiese en soms verskuilde posisies geplaas was.
Die hoogtepunt van die geleentheid was die “stormende Buffelteiken met ‘n effense systap” (‘n aantal skuts, wie se gewere gestoor het, is in die proses “raak getrap”).
Die bewegende jakkalsteiken wat met ‘n handwapen geskiet is, het baie skote getrek todat ‘n skoot sy “draad geknip” het.
Die lede van die SAJWV se Kamdeboo-tak bedank graag vir die Matthee-egpaar vir ‘n heerlike dag en “dat ons jul pragtige tuin kon gebruik vir die tradisionele Karoo Braai”.
Die lede van die SAJWV se Kamdeboo-tak bedank graag vir die Matthee-egpaar vir ‘n heerlike dag en “dat ons jul pragtige tuin kon gebruik vir die tradisionele Karoo Braai”.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'