KAROO NUUS - 'n Man van Aberdeen wat sedert sy arrestasie op 3 Julie in aanhouding is, het op Donderdag 3 Augustus, weer in die Aberdeen-landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel hangende die aanwysing van 'n nuwe landdros om 'n borgtogaansoek voor te berei en om 'n datum te bepaal om die saak in die Graaff-Reinet-landdroshof voort te sit.
Die aanklagte teen die man strek van mensehandel, verkragting en kinderarbeid tot intimidasie en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Hy bly in aanhouding op Graaff-Reinet. Die saak is tot 8 Augustus uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’