KAROO NUUS - Op 21 November, tydens die Sneeubergboerevereniging se jaareindfunksie, het die bekende Dawie Roodt as hoofgasspreker saam met Ulrich Schutte van Mountain Zebra Camdeboo Protected Environment (MZCPE) en Fox Wolfaardt, ‘n boer van die omgewing, opgetree.
Die geleentheid het by Nieu-Bethesda se sportklub plaasgevind.
Roodt het onder andere aspekte rondom die politieke agtergrond van ander lande, politieke situasie in Suid-Afrika asook die vooruitsig van Suid-Afrikaners bespreek. Na die praatjie het die geselskap oor die pad gestap na Pizza @ Bruno’s, waar hulle heerlike pizza en drankies geniet het.
Seronika Petersen is as Sneeuberg-vriend, en Kosie Wolfaardt as Toegewyde Sneeuberg-lid van die jaar aangewys.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’