Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die Hike or Hobble ten bate van die Camdeboo Hospice het die afgelope naweek plaasgevind.
Volgens Eleanor Nell, wat die jaar vir die reëlings verantwoordelik was, het deelnemers ongeveer 50 km tussen Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda afgelê.
"Die reën kon ons nie eens keer nie. Dit was ongelooflik lekker. Ons jongste deelnemer was 10 jaar oud en het met haar fiets saam met haar familie die tog aangedurf," vertel Nel.
Volgens haar het een maatskappy R17 000 geskenk.
"Ons is nog nie seker presies hoeveel ingesamel is nie, ons vergader die week om 'n finale bedrag te bepaal."
Lees meer in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser en aanlyn.
Vorige artikel: Hike or hobble in aid of Hospice
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'