Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die Hike and Hobble ten bate van die Camdeboo Hospice het die afgelope naweek plaasgevind.
Volgens Eleanor Nell, wat die jaar vir die reëlings verantwoordelik was, het deelnemers ongeveer 50 km tussen Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda afgelê.
"Die reën kon ons nie eens keer nie. Dit was ongelooflik lekker. Ons jongste deelnemer was 10 jaar oud en het met haar fiets saam met haar familie die tog aangedurf," vertel Nel.
Volgens haar het een maatskappy R17 000 geskenk.
"Ons is nog nie seker presies hoeveel ingesamel is nie, ons vergader die week om 'n finale bedrag te bepaal."
Nell sê van die deelnemers het die roete in 'n dag voltooi en ander in twee dae.
"Ons was 30 wat dit in een dag klaargemaak het en 17 wat dit oor twee dae gedoen het. Dit was werklik 'n belewenis. Ons is reeds besig met die reëlings vir volgende jaar en wil graag meer mense, besighede en skole hierby betrek."
Nell sê die Hike and Hobble word elke jaar aangebied sodat geld vir Camdeboo Hospice ingesamel kan word.
Pick n Pay was die hoofborg en die ATKV het rugsakkies met versnaperings geborg.
Daar was ook ruspunte langs die pad waar stappers verversings kon geniet sowel as iets om te drink.
Deelnemers aan die afgelope naweek se Hike or Hobble.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'