GRAAFF-REINET NUUS - Raadslid Ricardo Smith van Wyk 2 in Graaff-Reinet het Woensdag 6 Januarie 'n projek geloods om skoolskoene vir behoeftige leerders in te samel.
Lede van die publiek dra by deur meer as R500 by Spar te spandeer en kwalifiseer dan om 'n paar skoolskoene vir net R40 te koop.
Koepons is ook by Jet beskikbaar. Met die hulp van die gemeenskap het Smith reeds 85 pare skoene vir sy projek ontvang.
Hy sê die nood druk en nog baie meer skoene is nodig.
Vir meer inligting kontak raadslid Smith by 060 363 4208.
Teen Vrydag het raadslid Ricardo Smith reeds 85 pare skoene ingesamel.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'