GRAAFF-REINET NUUS - Negentien lede van Graaff-Reinet Raptors Martial Arts het op 2 en 3 Junie in gemengde gevegskuns, aan die OP Classic-kampioenskappe in Despatch deelgeneem.
Altesaam 163 studente van agt verskillende klubs regoor die Oos-Kaap, het aan hierdie kampioenskappe deelgeneem.
Die Graaff-Reinet Raptors Martial Arts-klub is verlede jaar gestig en vorm deel van twee ander Raptors-klubs, een in Jeffreysbaai en een in Humansdorp.
Du Toit het die klub gestig omdat sy graag 'n verskil wil maak. Die klub het aanvanklik net 10 studente gehad en vandag is daar 22 juniors en 19 seniors.
Die volgende leerders het medaljes verower:
Union-leerders:
- Grace Kitching - 2 silwermedaljes vir points fighting en ligte kontak, en 'n bronsmedalje vir ligte gemengde gevegskuns.
- Jaqwan Ahmed - 1 silwermedalje vir ligte gemengde gevegskuns en 'n bronsmedalje vir grappling.
- Liam Pienaar en Kemar Klasse het ook aan die kampioenskappe deelgeneem.
Laer Volkskool-leerders:
- AJ Cronjé - 1 silwermedalje vir grappling.
- Nathan Cronjé - 1 silwermedalje vir grappling.
- Darius Els - 1 silwermedalje vir grappling.
- Arné Oosthuizen - 1 silwermedalje vir ligte kontak.
- Frederik Steynberg - 1 silwermedalje vir hoogskop, met 'n hoogte van 1,75-meter.
- Gerrit Jordaan - 1 silwermedalje vir grappling en 1 bronsmedalje vir ligte gemengde gevegskuns.
- Zaskia Erasmus - 1 goue medalje in points fighting.
Hoër Volkskool-leerders:
- Reaglin Maarman - 3 goue medaljes vir ligte kontak, grappling en hoogskop met 'n hoogte van 2,2 m en 2 silwermedaljes vir ligte gemengde gevegskuns en points fighting.
- Mikha Enslin - 2 goue medaljes vir points fighting en ligte kontak en 'n silwermedalje vir grappling.
- Jean van Wyngaard - 3 silwermedaljes vir points fighting, ligte kontak en grappling.
- Gert Theron: 2 silwermedaljes vir points fighting en ligte gemengde gevegskuns.
Tuisonderrig leerders:
- Casey Ferreira - 2 goue medaljes vir grappling en ligte gemengde gevegskuns en twee silwermedaljes vir points fighting en ligte kontak verower.
- Arno van der Merwe - 2 goue medaljes vir ligte kontak en ligte gemengde gevegskuns.
Hernu Jordaan (5) en AJ Prinsloo (5) was die jongste van die Graaff-Reinet-Raptors wat deelgeneem het.
Jordaan het twee goue medaljes vir points fighting en ligte kontak verower en Prinsloo 'n goue medalje vir grappling en twee silwer-medaljes vir points fighting en ligte kontak.
AJ Prinsloo, in aksie.
Henru Jordaan
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’