GRAAFF-REINET SAKE NUUS - Te midde van Vrouemaand, gesels ons bietjie met Ralie Blignaut, die eerste vroulike vennoot by Gerber, Botha & Gowar (GBG).
Ralie is reeds sedert 1998 ‘n vennoot by die ouditeursfirma GBG.
Sy was die eerste vroulike vennoot en het op 27-jarige ouderdom die posisie beklee.
Haar raad aan vroue in besigheid is: "Jy moet ‘n plan hê en weet waarheen jy oppad is. Dit was my ideaal om voor 30-jarige ouderdom my eie besigheid te hê. Hou van wat jy doen. As jy jou werk met passie doen, kom al die ander dinge vanself."
Ralie se boodskap aan alle vroue die vrouemaand is: "Jy is belangrik vir jou gesin, die omgewing en die gemeenskap. Pas jouself op, jy is kosbaar.
Vroue spandeer elke dag baie td aan die uiterlike, maar skeep soms ander aspekte af.
Onthou om jou emosionele kant te versorg en te vertroetel. Dit is ook belangrik dat alle vroue besef hulle is verantwoordelik vir hulle eie finansiële beplanning en versorging.
Neem beheer van jou finansies en begroting, stel finansiële doelwitte vir jouself op.
Bemagtig jouself met kennis. Jy is dit aan jouself verskuldig."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'