NIEU-BETHESDA NUUS - Die jaarlikse Pump-Palooza-pampoenfees die afgelope Saterdag, 8 April, was een groot heerlikheid.
En feesgangers is dit eens - volgende jaar kom ons weer! Nieu-Bethesda is nie net bekend vir die dorp se Uilhuis nie, maar ook vir prag en gasvryheid.
En by Saterdag se fees het inwoners en feesorganiseerders alles uitgehaal om hul reputasie gestand te doen - daar is gebraai, gedans, draadkarre gejaag, pampoene geweeg en 'n hond uit 'n bos gekuier.
Maak seker jy koop volgende Donderdag weer die Advertiser vir 'n volledige berig en nog foto's van dié unieke fees.
Gasheer, die Tot-Hier-Toe Padstal, het behoorlik uitgehaal en gewys.
Paul Schoeman se wenpampoen het die skaal op 209 kg getrek.
Daar is heerlik geskoffel op die sokkie - sommiges het gesê dis meer pret as die KKNK!
En wat is nou lekkerder as 'n kuier onder die sterrehemel rondom die vuur? Foto's: Chrissie Swarts
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’