GRAAFF-REINET NUUS — Ten spyte van pogings deur boere en die SAPD se veediefstal-eenheid is die jaarlikse verlies deur veediefstal in dié omgewing oor die vakansietydperk op vlakke wat die volhoubaarheid van veeboerdery en die voorsiening van vleis aan verbruikers ernstig bedreig.
Die pas afgelope Maandagaand, 27 November, het lede van die plaaslike boeregemeenskap en die veediefstaleenheid byeengekom - die vergadering het dit ten doel gehad om 'n plan te beraam rondom veediefstal- en voetpatrollies in die omgewing gedurende die komende feesseisoen.
Oosie Oosthuizen van die plaaslike veediefstaleenheid versoek die publiek om asseblief enige inligting rondom veediefstal aan sy eenheid deur te gee - die bystandnommer is 082 412 6971.
Die gemeenskap word ook gemaan om nie vleis by onbekende persone te koop nie aangesien dit 'n oortreding ingevolge die veediefstal-wet is.
Wanneer vleis of vee aangekoop word moet die verkoper ook die nodige dokumentasie aan die koper verskaf. Daar sal ook streng opgetree word teen perone wat nie hul vee op die voorgeskrewe manier merk nie.
Die boere-gemeenskap het addisionele fondse in dié tyd beskikbaar gestel vir inligting rakende veediefstal met die hoop om dié misdaad te bekamp - die publiek wat reis word ook versoek om verdagte bewegings langs paaie te rapporteer.
Die pas afgelope Maandagaand het lede van die plaaslike boeregemeenskap en veediefstaleenheid byeengekom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'