KAROO NUUS - Die publiek van Cradock, Lingelihle en Twinsville het tot vandag, 12 Februarie, gewag dat die elektrisiteitstoevoer weer aangeskakel word, maar toe daar teen 18:00 vanaand nog geen elektrisiteit in hul huise is nie, het die gemeenskap besluit om die N10 (na Gqeberha) en R61 (na Tarkastad) af te keer.
Tans is daar brandende bande en stompe asook 'n brandende swaar voertuig met 'n gelaaide vrag, op die pad.
Die polisie was ten tyde van beriggewing nog nie op die toneel nie. Sekuriteitsmaatskappye en die SAPD het gesê dat hul binne minute op die toneel sal wees om beheer te neem. Die brandweer is ook in kennis gestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’