GRAAFF-REINET NUUS - Professor Christo Viljoen is vanoggend, 13 Januarie, op die ouderdom van 85 oorlede.
Prof Viljoen het in Graaff-Reinet grootgeword en in 1954 as hoofseun en Dux-leerling van Hoër Volkskool gematrikuleer.
Daarna het hy die grade B.Sc, B.Ing. (Elektrotegniese Ingenieurswese, swak- en swaarstroom) en later ook die grade M.Ing. (Elektroniese Ingenieurswese) en Ph.D (Ing) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.
Tydens sy leeftyd het Professor Viljoen vele prestasies en toekennings verwerf, en ook ‘n baie groot openbare rol by onder meer die Universiteit van Stellenbosch, die SAUK, en die Hugenote Vereniging gespeel.
Hy was ook die stigter van Suid-Afrika se eerste wetenskaps- en innovasiepark in Stellenbosch.
Lees meer in Graaff-Reinet Advertiser en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'