KAROO NUUS - Poppie Opperman, inwoner van Marais Steyn Huis vir Bejaardes in Steynsburg, en oudinwoner van Hofmeyr, het Sondag 20 Augusts haar 98ste verjaarsdag gevier.
Soos elke dag, was sy vroeg die oggend al slaggereed want die afwagting was groot - haar kinders het reeds die vorige naweek by haar kom besoek aflê vir dié verjaarsdag.
Poppie en haar man, Lieb, was ook die eienaars van die Central Garages in Hofmeyr en het Lieb ook ’n paar jaar as burgemeester gedien; as deel van haar diens het sy die parke in die dorp verfraai en mooi gehou.
Hofmeyr se inwoners ken ook vir Poppie as verteenwoordiger van die Suiderkruisfonds en het sy ook talle fondsinsamelingsprojekte vir Kankersorg van stapel gestuur. Die egpaar het drie dogters en een seun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’