HOFMEYR NUUS - Poppie Opperman, vroeër van Hofmeyr en vir die laaste klompie jare 'n inwoner van die Marais Steyn Huis in Steynsburg, het die afgelope naweek haar 97ste verjaarsdag in Steynsburg gevier.
Van haar familielede en kinders kon die dag saam met haar deurbring.
Al die inwoners van Marais Steyn Huis, asook die personeel, het die groot vreugde en voorreg met haar gedeel.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'