JANSENVILLE NUUS - Die Jansenville-landbouvereniging het verlede week 'n paal met veiligheidskameras op die R75 aan die noordekant van Jansenville opgerig.
Die kameramas word betaal en onderhou deur die Jansenville-landbouvereniging, maar is vir die hele gemeenskap tot voordeel.
Op Maandag 8 Maart het 'n voertuig verby die kameras gery wat in 2017 in 'n gewapende roof in Centurion betrokke was. Die polisie kon toe die voertuig in Jansenville stop.
Die voertuig het egter intussen van eienaar verander en die persoon is weer laat gaan.
Die Jansenville-boerevereniging sê hulle werk saam met die polisie om Jansenville vir almal 'n veiliger plek te maak. Hulle beoog om nog sulke "oë in die lug" in die area op te rig, maar dit is 'n duur proses.
Mense wat wil bydra, kan Gert Taljaard, voorsitter van die landbouvereniging, by 083 415 9038 kontak.
Die organiseerders van die Opening of the Season-jagfees, het reeds R10 000 geskenk.
'Ons bring jou die nuutste Jansenville, Karoo nuus'